Hulpdiens & Gewilde vrae / Sekuriteitsafdeling
By Netlog is ons baie gesteld op veilgheid. Neem 'n paar minute vry om deur Netlog se sekuriteitsafdeling te lees en te leer hoe jy jou rekening en rekenaar kan beskerm, en die Internet op 'n veilige manier te benut.
Nuttige werwe
Onlangse bedreiging: Die Koobface Wurm
As gemorspos van jou rekening af gestuur is, is jou rekenaar moontlik met die Koobface-virus infekteer. Ons adviseer:
- Doen 'n virus-skanering op jou rekenaar. As jy geen sagteware vir virusbekamping het nie, kan jy sagteware kies uit die lys van nuttige werwe.
- Editeer jou wagwoord. Doen dit hier. Tik jou huidige en jou nuwe wagwoord in en kliek die knop 'Change password'.
- Waarsku jou vriende wat die gemorspos ontvang het, om nie op die skakels te kliek nie en die private boodskappe dadelik te verwyder.
Wees op jou hoede vir sogenaamde Netlog-programme van ander bronne as Netlog se aflaaiblaaie of handelsmerk-blaaie.
Jy het moontlik reeds programme ontdek, soos Netlog se Friend Adder, wat jou help om outomaties meer vriende by te voeg. Opsigself hou dit geen gevaar in nie, aangesien Netlog gemorspos-filters installeer het, wat sal verhoed dat jy te veel vriende in te kort tydverloop aflaai. Maar, die tool self kan jou persoonlike veiligheid in gevaar stel: Netlog can give no guarantees about the quality or safety of such programs. You never know if these tools contain viruses or other malware. Moreover, if you have to enter your Netlog nickname and password in the tool, there's no guarantee that the creator of the tool isn't saving those credentials himself too and using them for the wrong purposes. Remember that the only programs you can fully trust are the ones on our download pages or brand pages, which have always been reviewed by Netlog. This is why we would definitely advise you against downloading any other 'Netlog tools'.
Wenke
- Kies 'n sterk wagwoord. Moenie algemene woorde gebruik nie, maar sluit letters, nommers en simbole in. Kies 'n wagwoord met minstens 6 lettertekens. Moenie persoonlike inligting by jou wagwoord insluit nie (soos jou verjaarsdag, jou vriend se naam...).
- Hou jou wagwoord sterk. Moenie dieselfde wagwoord op verskillende werwe gebruik nie. Moenie jou wagwoord neerskryf nie en verander dit met gereelde tussenposes.
- Moenie jou wagwoord aan ander verraai nie. Wees op jou hoede wanneer iemand jou vir jou wagwoord vra, selfs as hy/sy beweerdelik 'n Netlog-werknemer of polisieman is. Netlog-admins sal jou nooit na jou wagwoord vra nie.
- As jy vermoed iemand gebruik jou rekening, verander dadelik die wagwoorde van sowel jou Netlog-rekening, as ook jou e-posadres(se) daaraan gekoppel. Meld altyd af wanneer jy openbare rekenaars gebruik het en maak seker jou aanmeld-besonderhede word nie bewaar nie. Moet nie cookies op rekenaars bewaar nie wat ook deur ander benut word.
- Moenie op skakels of boodskappe kliek wat jy nie vertrou nie. Verwyder eerder die boodskap. As jy 'n verdagte skakel van 'n vriend ontvang het, stel hom/haar in kennis.
- Wees op jou hoede vir phishing-voorvalle: pogings om aanmeldbesonderhede te steel deur voor te gee jy werk vir 'n betroubare werf. Gebruikers word gevra om aanmeldbesonderhede op 'n fals webwerf in te tik, wat presies soos die legitieme webwerf lyk.
- Laat ons weet, as jy misbruik op Netlog raakloop. In die meeste gevalle kan jy ons outomatiese misbruik verslag-funksie benut (bv. die knop "Report an abuse” vir aanstootlike foto's) As jy meen jou misbruikverslag moet verder verduidelik word, kan jy abuse@af@netlog.com kontak en ons sal met jou in verbinding tree.
As jy dink iemand is 'n direkte en groot gevaar, maak kontak met die polisie. Netlog werk eng saam met eCops http://www.ecops.be, 'n aanlyn-rapporteringdiens aan wie die Internet-gebruiker misdade kan rapporteer wat op of deur die Internet gepleeg is. Netlog rapporteer ook onwettige gebruike aan hulle. - Gebruik die instellings en funksies deur Netlog voorsien:
Swart lys: As iemand jou op Netlog gedurig lastig val, kan jy hom/haar plaas op jou swart lys. Gaan na daardie gebruiker se profiel en kliek op “Add to blacklist” in die wit blok regs bo. Gebruikers wat geswartlys is, kan jou profiel nie besoek nie. Hulle sal jou ook nie private boodskappe kan stuur, in jou gasteboek kan skryf, en kommentaar op jou foto's/blogboodskappe kan lewer nie.
Instellings vir privaatheid: Netlog bied jou 'n ry instellings vir privaatheid. Jy het absolute beheer oor wie jou profiel mag besoek, wie jou foto's mag sien, wie op jou items kommentaar mag lewer, wie jy gevind wil word, ens. Jy kan ook besluit om eers alle kommentare te lees en goed te keur, voordat hulle op jou profiel verskyn.
- Hou persoonlike inligting privaat. Dit kan gevaarlik wees om foonnommers, e-posadresse of woonadresse uit te ruil. Moet nooit iemand anders se persoonlike inligting publiseer nie. As iemand anders jou persoonlike inligting publiseer, gesels met hom/haar en vra hom/haar om dit te verwyder. As hy/sy weier, tree met Netlog in verbinding.
- Dink na voor jy publiseer. Moenie embarrasserende inligting publiseer wat jy later mag berou nie. Hou opmerkings skoon en respekvol. Moenie op 'n aanvallende manier op inhoud reageer waarvan jy nie hou nie. Rapporteer eerder die inhoud aan Netlog. Moenie geweldadige inhoud publiseer nie, of inhoud wat geweld of onwettige optrede aanhits. Wyer om aan kuber-tirades deel te neem. Praat eerder met die tiran en probeer hom/haar oorreed dis onbehoorlike optrede. As hy/sy nie wil hoor nie, rapporteer sy/haar optrede aan 'n onderwyser of ouer, en aan Netlog.
- Moenie mense na-aap of hul inhoud steel nie. Om iemand se foto of teks te neem, is gelyk te stel aan diefstal uit 'n winkel.
- Moenie gemorspos stuur nie. Almal haat gemorspos. Om meer besoekers op jou bladsy te kry, sal dit beter loon om interessante, nuwe en vars inhoud te publiseer wat mense graag wil sien. Om ou nuus op te warm om besoekers te trek, is net irriterend vir die lesers.