http://netlog.com/GladiatrixAmanda RaathRaathAmandaGladiatrixhttp://af.netlogstatic.com/p/tt/000/000/171.jpgSuid-AfrikaGauteng Profiel bladsy van Gladiatrix

Gladiatrix

vroulik - 42 jare, Pretoria, Suid-Afrika


Blog / MAG JY ...

Donderdag, 9 Oktober 2008 om 02:31

Nou ja toe, kom ons doen die blog ding. :)

Ek hoor dis nogal terapeuties en ek kan doen met 'n bietjie terapie op hierdie stadium.

:)

Sal maar nog dink wat ek alles hier wil se want op hierdie stadium weet ek nog nie regtig nie. Dalk het ek iewers verskuilde talente wat ek nie van geweet het nie.

Vir nou paste ek maar eers net 'n mooi versie. Weet nie wie het die oorspronklik geskryf nie, maar baie dankie aan die onbekende persoon ...

MAG JY...
- Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
- nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
- nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
- nooit haat wanneer jy seer gekry het nie.
- nooit minderwaardig voel wanneer jy nie waardeer word nie.
- nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
- nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
- nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.

MAG JY..
- Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.
- altyd ly in die geloof sodat lyding krag bring.
- altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
- altyd gee en deur jou gawe verryk word.
- altyd gereelmagtigheid en ondersteuning kry.
- altyd lewe met die oog op die onsienlike

Dis al vir vandag.

Tot volgende keer ... oor en uit.


Jou gradering: 0
geen taksering
RSS-voer

Kommentare

Nog geen kommentare is gepos in Afrikaans...

Lewer kommentaar:

Jy moet aangemeld wees om kommentaar te kan lewer.